Excelsus
  • Tuis
  • VBO
  • Boekverslae
  • Meer oor ons

Voortgesette bedieningsontwikkeling

Picture

Wat is VBO?

VBO gaan oor die verdieping van ons verstaan van die evangelie, ons ingesteldheid teenoor ons roeping en oor die slyping van ons bedieningsvaardighede. 
​
Dit gaan veral ook oor konstante leerbaarheid: oor die moed om in nuwe situasies in te gaan met die vertroue dat die Here ons kan leer en ’n weg kan wys wat ons nie nou helder sien nie.

Hoe werk die VBO puntestruktuur?

1 uur = 1 VBO punt 
Predikante in voltydse Bediening moet jaarliks 50 uur se VBO punte opmaak
(350 uur oor 7 jaar)

Predikante in die eerste drie jaar van hulle bediening moet jaarliks 100 uur se VBO punte opmaak (300 uur oor 3 jaar) 

Kapelane, tentmakers en predikante met bevoegdheid in ander beroepe: 30 uur (210 uur oor 7 jaar).

Oordra van punte 
VBO-punte kan na ’n volgende jaar oordra. 


Vir ‘n volledige uiteensetting van die toekenning van VBO-punte laai die dokument hier af.
Picture
Picture

Hoe registreer ek vir VBO punte?

Picture

Beste kollega
Die VBO-forum het in samewerking met die Algemene Taakspan vir Predikantesake ooreengekom om ʼn geïntegreerde databasis vir al die predikante van die NGK te ontwikkel. Die databasis is nou klaar ontwerp en die VBO-punte van predikante is oorgedra vanaf die CPD-platform, asook ingetrek van ander sinodale stelsels van kursusbywoning, na hierdie nuwe platform.
Alle punte wat verwerf is, is reeds oorgedra om seker te maak dat niemand deur die oorgang benadeel sal word nie. Elke leraar se punte is gelaai onder die leraar se ABR-nommer, sodat jy nooit hoef te registreer vir VBO-punte nie. Sodra jy gelegitimeer is, is jy op die sisteem en het jy ʼn profiel.
Elke sinode en VBO-sentrum het administrateurs aangewys om die databasis in die betrokke sinodale gebied te administreer:

Leraars kan hulle navrae rig aan die administrateur van hulle betrokke streek.
Hierdie sinodale administrateurs kan in die toekoms self puntekodes skep vir kursusse. Hulle kan ook punte wat verwerf word deur die bywoning van kursusse en ander maniere soos deur die VBO-beleid bepaal, op hierdie nuwe databasis laai.
Leraars kan ook hulle profiele bestuur deur die puntekode self te laai as dit die werkwyse van hulle betrokke sinode is.
KLIK HIER vir ʼn kort handleiding om toegang tot jou profiel te kry, die kursusse wat jy gedoen het te sien of jou punte self te laai.
Let wel: ʼn Leraar se profiel is net sigbaar hom- of haarself en vir die administratiewe bestuurder van die betrokke sinode. Jou profiel is dus privaat.
Die voordeel is dat indien ʼn leraar na ʼn nuwe gemeente of sinodale gebied sou skuif, die betrokke leraar se profiel met bogenoemde inligting via die databasis gekoppel word aan die nuwe streek en gemeente. Jou profiel met kursusse gedoen “trek” dus saam met jou na  jou nuwe standplaas, in watter sinode ook al.
Op die profiel van die leraar word die volgende inligting gelaai:
• Volle naam en van
• Gemeente
• Selfoon
• Telefoon
• E-pos
• Verjaarsdag
• ʼn Profielfoto
• Kursusse bygewoon: beskrywing en krediete
KLIK HIER vir 'n voorbeeld van ’n profiel, met toestemming van Jannie le Roux.
Let wel: Die kursusse is nog nie kronologies gerangskik nie en die puntetotale is ook nog nie onderaan nie. Dié twee sake sal nog reggestel word sodat ’n predikant kan sien wat sy of haar totale punte vir ’n jaar (50) of die 7-jaar-siklus (350) is.
Vriendelike groete
Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

​Kerkraad en Ring verantwoordelikheid

  • Dit kan van groot waarde wees as daar gereeld gesprek plaasvind tussen predikante en gemeente-leiers oor die nut van kursusse vir beide predikant en gemeente.
  • Dit kan baie help as gemeentes ’n stelsel van rekordhouding ontwikkel om die inligting aan die Kerkraad voor te lê.
  • Die Kerkraad moet dié inligting jaarliks aan die Ring voorlê. 
Picture
Powered by Create your own unique website with customizable templates.
Photo used under Creative Commons from Peter O'Connor aka anemoneprojectors
  • Tuis
  • VBO
  • Boekverslae
  • Meer oor ons