Die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling is verbonde aan die Fakulteit Teologie by die Universiteit van Pretoria en is verantwoordelik vir die voortgesette bedieningsontwikkeling (VBO) van predikante van die NG Kerk
LENTEKONFERENSIE 2020'n Roetekaart: Van wond tot verwondering
14 - 18 September Die konferensie word aanlyn aangebied Lentekonferensiebrosjure Om in te skryf, volg asseblief hierdie skakel: |
Program vir 2020Volledige program
Kwartaal 4:OKTOBER
13 - 15 Sertifikaat in Bedieningsvernuwing (3) Aanlyn per Zoom
20 - 22 Sertifikaat in Bedieningsvernuwing (7) Aanlyn per Zoom
27 - 29 Sertifikaat in Bedieningsontwikkeling (7) Aanlyn per Zoom
NOVEMBER 3 - 4 Liturgiewerkswinkel (3) Aanlyn per Zoom
12 - 13 Opleiding van Begeleiers van 'n Bedieningsdiagnose in Gemeentes NG Kerk Stellastraat, Pretoria
VBO-Forum: Aanlynkursusse |
Kursusse en Werkswinkels
Excelsus ondersteun graag nuwe en opwindende leergeleenthede wat vir VBO punte in aanmerking geneem word. Hou dus gereeld hierdie afdeling dop.
“Daar is lewe vóór én ná aftrede”
18 en 19 Augustus 2020
Sinvol besig ná aftrede
In hierdie derde werkswinkel word daar besin oor:
Wanneer: 2020
Waar: Aanlyn per Zoom
Koste:
VBO: 25 punte
Sluitingsdatum: 14 Augustus 2020
- die implikasies van veroudering
- hoe om sinvol besig te bly ná aftrede
- bedieningsmoontlikhede ná aftrede
Wanneer: 2020
Waar: Aanlyn per Zoom
Koste:
VBO: 25 punte
Sluitingsdatum: 14 Augustus 2020
Kerk van die Toekoms
(veral gerig op jonger predikante en ander jong volwassenes)
Werkswinkel 1: 12 Augustus 2020
Werkswinkel 2: 11 November 2020
Werkswinkel 3: 2021
(veral gerig op jonger predikante en ander jong volwassenes)
Werkswinkel 1: 12 Augustus 2020
Werkswinkel 2: 11 November 2020
Werkswinkel 3: 2021
Wêreldwyd blyk dit dat daar ‘n skuif besig is om plaas te vind: jonger mense wat hulself Christene of gelowig noem, kom nie noodwendig in die kerk tuis nie. Dit is nie bloot ‘n “fase” waardeur hulle gaan, soos in die verlede nie, maar ‘n blywende tendens wat die kerk van die toekoms noemenswaardig gaan beïnvloed.
Daarom is dit belangrik dat ons nuut oor die kerk moet dink en saam droom oor hoe ‘n kerk van die toekoms kan lyk.
Ons nooi graag jonger predikante en ander jong volwassenes uit na ‘n jaar van saam dink en droom oor die kerk van die toekoms. Saam gaan ons as leergemeenskap in ‘n proses betrokke raak wat oor vier geleenthede gaan strek om te kyk waarna jou spesifieke konteks vra en hoe jou gemeente daardie behoefte kan aanspreek.
Kom dink, droom en eksperimenteer saam!
Plek: Aanlyn
Aanbieder: Ds Francois Maritz, Hayfields, KZN
Koste: R75
VBO: 12 punte per werkswinkel
Daarom is dit belangrik dat ons nuut oor die kerk moet dink en saam droom oor hoe ‘n kerk van die toekoms kan lyk.
Ons nooi graag jonger predikante en ander jong volwassenes uit na ‘n jaar van saam dink en droom oor die kerk van die toekoms. Saam gaan ons as leergemeenskap in ‘n proses betrokke raak wat oor vier geleenthede gaan strek om te kyk waarna jou spesifieke konteks vra en hoe jou gemeente daardie behoefte kan aanspreek.
Kom dink, droom en eksperimenteer saam!
Plek: Aanlyn
Aanbieder: Ds Francois Maritz, Hayfields, KZN
Koste: R75
VBO: 12 punte per werkswinkel
Sertifikaat in BedieningsontwikkelingExcelsus het in 2015 begin met ‘n Sertifikaatkursus in Bedieningsontwikkeling vir predikante in die beginfase (1-5 jaar) van hulle bediening.
Dit is ‘n intensiewe kursus wat bedoel om predikante in dié fase te help om op ‘n dieper en meer grondige vlak georiënteer te word ten opsigte van hulle bediening. Dit vorm ook deel van die verpligte drie jaar voortgesette bedieningsontwikkeling vir predikante en proponente wat pas gelegitimeer is. Die kursus word in die formaat van nege blokke (van 3 dae elk) oor die loop van drie jaar aangebied. Persone wat inskryf, verbind hulle vir die volle drie jaar van die kursus en woon 3 kontaksessies per jaar by. Persone wat die volle kursus voltooi, verwerf 270 VBO-punte (dws 90 punte per jaar). Modules wat in 2020 aangebied word: Module 5: Wat maak ons met die Bybel? (Nuwe Testament) (3-5 Maart) Module 6: Hoe word 'n gemeente missionaal? (21-23 Julie) Module 7: Hoe hanteer ons moeilike pastorale situasies? (27-29 Oktober) |
Sertifikaat in Bedieningsvernuwing020Excelsus het in 2014 in samewerking met Shepherd in Bloemfontein en Communitas in Stellenbosch ‘n Sertifikaatkursus in Bedieningsvernuwing geloods.
Dit is ‘n intensiewe kursus wat bedoel om predikante te help om op ‘n dieper en meer grondige vlak geheroriënteer te word ten opsigte van hulle bediening. Die kursus word in die formaat van nege blokke (van 3 dae elk) oor die loop van drie jaar aangebied. (Sien aangehegte bekendstellingspamflet). Persone wat inskryf, verbind hulle vir die volle drie jaar van die kursus en woon 3 kontaksessies per jaar by. Persone wat die volle kursus voltooi, verwerf 270 VBO-punte (dws 90 punte per jaar). Modules wat is 2020 aangebied word: Module 1: Oor ons konteks. Waar is ons nou? (18-20 Februarie) Module 2: Hoe lees ons die Bybel? (12-14 Mei) Module 3: Wie is God? (13-15 Oktober) Module 6: Oor Bediening en Geestelike Formasie - hoe mense gevorm word vir dissipelskap en diens. (14-16 April) Module 7: Oor Missionêre Gemeentes - hoopvol en energiek vir ons roeping. (28-30 Julie) Module 8: Oor die Erediens en Prediking - hoe ons die storie van die evangelie glo, vier en vertel. (20-22 Oktober) |