~ Voortgesette Bedieningsontwikkeling ~

VBO is 'n vereiste vir die behoud van bedieningsvaardigheid en bedieningsvreuge.

VBO wil dus predikante help om gelukkig in hulle beroep te wees en te bly!

Druk hier om meer te lees...

~LENTEKONFERENSIE 2011 MATERIAAL~

lentebediening

~ CPD Registrasie & Punte ~

VBO-punte word per sms elektronies geboekstaaf. Predikante wat nog nie voorheen geregistreer het nie, druk hier vir meer inligting en stappe hoe jy kan registreer.

Vir meer inligting hoe om punte te verdien, druk hier.

Meer oor VBO

  1. Wat is VBO?

Voortgesette Bedieningsontwikkeling (VBO) vorm deel van die A tot Z-beleid aangaande predikante van die NG Kerk wat in 2007 deur die Algemene Sinode goedgekeur is. Dié beleid beklemtoon die belangrike verband tussen bedieningsvaardigheid en bedieningsgvreugde. VBO is ‘n vereiste vir die behoud van beide (en ook van bedieningsbevoegdheid).

VBO wil dus predikante help om gelukkig in hulle beroep te wees en te bly!

 

  1. Vir wie is VBO bedoel?

 Alle predikante van die NG Kerk wat bedieningsvreugde, -vaardigheid en –bevoegdheid wil behou, skakel by die VBO-program in. Dit sluit emeriti en tentmakers in. Gemeentes behoort predikante in staat te stel om aan VBO deel te neem deur onder andere daarvoor te begroot.

 

  1. Wie is verantwoordelik vir die VBO-program?

 Die Algemene Sinode maak gebruik van drie sentra om die VBO-program te ontwikkel en aan te bied: Excelsus (Universiteit Pretoria); Communitas (Universiteit Stellenbosch); Shepherd (Universiteit Vrystaat). Verteenwoordigers van die drie sentra vorm ‘n VBO-forum wat alle relevante sake koördineer. Om te help met die ontwikkeling van die VBO-program maak Excelsus gebruik van ‘n VBO Taakgroep wat saamgestel is uit verteenwoordigers van die volgende sinodes van die NG Kerk: Noordelike Sinode, Oostelike Sinode, Sinode van Wes-Transvaal, Hoëveld Sinode, Sinode van Noord Kaapland, Sinode van KwaZulu-Natal.

Read more: Meer oor VBO

Vir enige hulp met die oplaai van verslae of tegniese aspekte rakende die Excelsus webblad kontak Peter deur Hier te druk

Alternatief stuur 'n 'support ticket' van ons Hulp Sentrum deur Hier te druk


Teken aan