Excelsus
  • Tuis
  • VBO
  • Boekverslae
  • Meer oor ons

Meer oor ons

Picture

Wie is ons?

Excelsus is die sentrum by die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria wat verantwoordelik is vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling (VBO) van predikante van die NG Kerk. Die programme van Excelsus beklemtoon die verband tussen bedieningsvaardigheid, bedieningsvreugde en bedieningsbevoegdheid.

VBO gaan oor die verdieping van ons verstaan van die evangelie, ons ingesteldheid teenoor ons roeping en oor die slyping van ons bedienings-vaardighede. 

​Dit gaan veral ook oor konstante leerbaarheid: oor die moed om in nuwe situasies in te gaan met die vertroue dat die Here ons kan leer en ’n weg kan wys wat ons nie nou helder sien nie.

Wat doen ons?

​Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) inisiëer en organiseer programme, kursusse en konferensies wat gerig is op die ontwikkeling van die volgehoue bedieningsvaardigheid van predikante. Ons fokus is om in die proses van bedieningsontwikkeling 'n sinvolle skakel tussen gemeentes en die Fakulteit Teologie by die Universiteit van Pretoria te kan wees.

Kontakbesonderhede

EPOSADRES

Om 'n vinnige navraag te plaas vul gerus die onderstaande in:
excelsus@up.ac.za
Stuur

Kontakpersone

André Bartlett
(Hoof: Excelsus)
andre.bartlett@up.ac.za
012 420 4441
​Rika van Rensburg
(Sekretaresse: Excelsus)
excelsus@up.ac.za
012 420 6738

TELEFOONNOMMER

012 420 ​6738

FISIESE ADRES

University of Pretoria
h/v Lynnwoodweg en Roperstraat
Hatfield
Suid-Afrika
Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Tuis
  • VBO
  • Boekverslae
  • Meer oor ons