Sertifikaat in Bedieningsontwikkeling
Excelsus het in 2015 begin met ‘n Sertifikaatkursus in Bedieningsontwikkeling vir predikante in die beginfase
(1-5 jaar) van hulle bediening.
Dit is ‘n intensiewe kursus wat bedoel om predikante in dié fase te help om op ‘n dieper en meer grondige vlak georiënteer te word ten opsigte van hulle bediening.
Dit vorm ook deel van die verpligte drie jaar voortgesette bedieningsontwikkeling vir predikante en proponente wat pas gelegitimeer is.
Die kursus word in die formaat van nege blokke (van 3 dae elk) oor die loop van drie jaar aangebied. Persone wat inskryf, verbind hulle vir die volle drie jaar van die kursus en woon 3 kontaksessies per jaar by.
Persone wat die volle kursus voltooi, verwerf 270 VBO-punte (dws 90 punte per jaar).