Verlede week het “The Centre for Faith and Community of the Faculty of Theology and Religion”, Excelsus, NHKA en Prof. Malan Nel, ‘n leergemeenskap gevorm rondom die persoon van Prof. Gordon Mikoski van Princeton. Ons het by twee geleenthede in Pretoria en Johannesburg gesels rondom die tema van pedagogie en kategese. Gordon het drie sessies aangebied. Dié sessies is opgeneem, alhoewel die kwaliteit nie wonderlik was nie omdat die internet probleme gegee het. In die eerse sessie het hy gesels oor “The Vocation of Christian Education”. In die tweede sessie het Gordon gesels oor die resultate van ‘n studieprojek wat in Amerika gedoen is rondom belydenisaflegging, “The confirmation project”. Die Confirmation project het ‘n webblad met goeie inligting, kyk veral na die hulpbronne bladsy. In die derde sessie het Gordon gesels oor “The Learning Sciences and Education” en wonderlike hulpbronne gedeel oor die manier hoe ons onderrig gee, en die nuutste navorsing gedeel oor hoe volwassenes leer. Laai gerus die pdfs van al drie die sessies hier af. As jy die videos gekyk het e-pos ons en laat weet wat jy geleer het.
0 Comments
|
Tom SmithDit is my voorreg om met sinodes, ringe en predikante leergemeenskappe te vorm wat leiers toerus. ArchivesCategories |