Excelsus
  • Tuis
  • VBO
  • Boekverslae
  • Meer oor ons

Sentrum vir bedieningsontwikkeling

Die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling is verbonde aan die Fakulteit Teologie by die Universiteit van Pretoria en is verantwoordelik vir die voortgesette bedieningsontwikkeling (VBO) van predikante van die NG Kerk

Kursusse vir 2019

Lentekonferensie 2019

2019 se Lentekonferensie word van 17-19 September by die Universiteit van Pretoria en NG Universiteitsoord aangebied. 
Dagboek solank hierdie datum!

    Bly op hoogte!

Skryf my in op eposlys

Ander kursusse:

  • 'n Werkswinkel oor die bediening in kleingemeentes (9 - 11 April)
  • ​Geroep en gestuur. Missionale leierskap (16 - 17 April)
  • Daar is lewe vóór én ná aftrede (24 - 25 April)
  • ​Opleiding van Begeleiers van 'n Bedieningsdiagnose in Gemeentes (29 - 30 April)
  • Die jaar van God se genade - Liturgiewerkswinkel (6 - 7 Mei)
  • Al die nasies tot die einde van die aarde - Herontdek die Bybel se missionale stem (21 - 22 Mei)
  • Sertifikaat in Bedieningsvernuwing - Oor die erediens en prediking - hoe ons die storie van die evangelie glo, vier en vertel (10 - 12 Junie)

Picture

Opkomende Kursusse en Werkswinkels

Excelsus ondersteun graag nuwe en opwindende leergeleenthede wat vir VBO punte in aanmerking geneem word. Hou dus gereeld hierdie afdeling dop.

Opleiding van Begeleiers van 'n Bedieningsdiagnose in Gemeentes

Excelsus gaan in die volgende jaar ‘n reeks werkswinkels op verskillende plekke aanbied waar predikante en ander gemeenteleiers opgelei word as begeleiers van ‘n Bedieningsdiagnose in gemeentes.
 
Die werkswinkel berus op die werkboek “Bediening in en van Missionale Gemeentes” wat in 2016 deur Malan Nel en Kennon L Callahan gepubliseer is.
 
 
Prof Malan Nel is die aanbieder van die werkswinkel.

Datum:
29 en 30 April 2019
Plek:
NG Kerk Potchefstroom-Oos, H/v Burger- en Lanyonstraat, Bailiepark 
Koste:
R420 per persoon
Ingesluit: 
Werkboek: Bediening in en van Missionale Gemeentes. Gemeentediagnose (word by die wekswinkel beskikbaar gestel. Verversings en middagete. ​
VBO-punte:
10 punte
Inskrywing
Picture
Picture
Picture
Picture
Picture
Picture

Sertifikaat in Bedieningsontwikkeling

Excelsus  het in 2015 begin met ‘n Sertifikaatkursus in Bedieningsontwikkeling vir predikante in die beginfase (1-5 jaar) van hulle bediening.

Dit is ‘n intensiewe kursus wat bedoel om predikante in dié fase te help om op ‘n dieper en meer grondige vlak georiënteer te word ten opsigte van hulle bediening.

Dit vorm ook deel van die verpligte drie jaar voortgesette bedieningsontwikkeling vir predikante en proponente wat  pas gelegitimeer is.

Die kursus word in die formaat van nege blokke (van 3 dae elk) oor die loop van drie jaar aangebied. Persone wat inskryf, verbind hulle vir die volle drie jaar van die kursus en woon 3 kontaksessies per jaar by.
​
Persone wat die volle kursus voltooi, verwerf 270 VBO-punte (dws 90 punte per jaar).
​
Ek stel belang

Sertifikaat in Bedieningsvernuwing

Excelsus het in 2014 in samewerking met Shepherd in Bloemfontein en Communitas in Stellenbosch  ‘n Sertifikaatkursus in Bedieningsvernuwing geloods.

Dit is ‘n intensiewe kursus wat bedoel om predikante te help om op ‘n dieper en meer grondige vlak geheroriënteer te word ten opsigte van hulle bediening.

Die kursus word in die formaat van nege blokke (van 3 dae elk) oor die loop van drie jaar aangebied. (Sien aangehegte bekendstellingspamflet). Persone wat inskryf, verbind hulle vir die volle drie jaar van die kursus en woon 3 kontaksessies per jaar by.
​
Persone wat die volle kursus voltooi, verwerf 270 VBO-punte (dws 90 punte per jaar). 
Ek stel belang
Picture
Picture
Picture
Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Tuis
  • VBO
  • Boekverslae
  • Meer oor ons