Notas en Powerpoints van 2017 se Lentekonferensie
Oop sessies: |
Tydens drie oop sessies is die volgende onderwerpe hanteer:
(kliek op skakels om notas af te laai)
“Herwin Gereformeerd-wees in Afrika”
Ds. Nelis Janse van Rensburg
“Living God, renew and transform us”
Prof. Jerry Pillay
"Hervorming en die eenheid van die Kerk."
Prof. Piet Meiring

Oggend keusetemas:
Keusetema O1
Onderweg na ’n Gereformeerde Skrif- beskouing. Die unieke en steeds relevante bydrae van Ferdinand Deist.
Ferdinand Deist het die vermoë gehad om kritiese teologie relevant aan te bied vir nie-teo- loë. Aan die hand van Deist se sogenaamde po- pulêre publikasies word sy eiesoortige bydrae tot ’n Gereformeerde Skrifverstaan, uitgewys en gewaardeer. Deist wys ons steeds hoe kate- der en kansel kan ontmoet.
Leier: Dr James Kirkpatrick: James is predikant in Stellastraatgemeente en ondervoorsitter van die Noordelike Sinode. Sy fokus was die laaste 10 jaar op Gereformeerde identiteit en hermeneutiek.
Keusetema O2
Skrif en Belydenisskrif: Herwinning van die Belydenisskrifte? Nagedink oor die aard van die belydenissituasie.
Die Gereformeerde deel van die Reformasie 500 jaar gelede, was van die begin af bekend vir hulle klem op die Belydenisskrifte. Is hierdie besondere aksent te handhaaf; behoort dit en kan dit en in- dien wel, hoe?
Leier: Dr Andries Kritzinger. Andries is predikant van die gemeente Orkney en ondervoorsitter van die Sinode Goudland.
Keusetema O3
Van die Kop na die Hart en Terug.
As kinders van die Reformasie is ons in die Gere- formeerde tradisie diep dankbaar vir ons her- koms, maar onthou ons nog wat die diepgaan- de spirituele wortels hiervan in ons huidige uit- lewing van ’n verhouding met God is? Ons loop terug op ons spore, herontdek ons ryk erfenis en soek na maniere om ons Gereformeerde Spiritu- aliteit te herwin.
Leier: Dr Marina Strydom. Marina is leraar by die Ooskerk in Pretoria en verantwoordelik vir spiritualiteitsontwikkeling. Sy is passievol daaroor om mense te help om ’n persoonlike en unieke manier te ontdek om hulle verhouding met God uit te leef.
Keusetema O4
’Tis the gift to be simple, ‘tis the gift to be free. Die Gereformeerde erediens herwin.
Die vernuwing van die erediens tydens die Kerk- hervorming het ten doel gehad om: (1) die sentraliteit van die Woord te beklemtoon, (2) die regte viering van die sakramente te herstel, en (3) die deelname van die gemeente te bevorder. In hierdie sessie gaan ons saam nadink oor hoe hierdie doelwitte vandag op ’n eietydse manier kan bydra tot ’n betekenisvolle belewing van die erediens.
Leier: Dr André Bartlett. André is die hoof van Excelsus (Sentrum van Bedienings- ontwikkeling) by die Fakulteit Teologie en Religie aan die Universiteit van Pretoria.
Keusetema O5
Herwin regverdiging en geregtigheid.
In die gereformeerde tradisie is regverdiging en geregtigheid twee kante van dieselfde munt, naamlik om verhoudings wat verkeerd geloop het reg te stel. Dit is egter nie so maklik om dinge bymekaar te hou nie. Hoekom? Een rede is omdat diskoers oor regverdigmaking ge- woonlik fokus op die skuldiges terwyl gereg- tigheid oor die slago ers gaan. Staan almal dan nie voor God skuldig nie? Of moet die on- derskeid tussen skuldige en slago er ter wille van geregtigheid gehandhaaf word? In hierdie reeks lesings sal ons agter die kap van die byl probeer kom.
Leier: Prof Ernst Conradie. Ernst is senior professor in die Departement Godsdiens en Teologie aan die Universiteit van Wes- Kaapland. Hy spesialiseer in die spanning tussen ekoteologie, sistematiese teologie, wetenskap en teologie en ekumeniese teologie.

Dinsdag keusetemas
Keusetema N1.1 en N2.1
Vanuit die Ou Testament: ’n Mislukte Hervorming?
Dit was ’n donker dag toe die lyk van die jong Judese koning Josia van Megiddo na Jerusa- lem gebring is. Hy was ’n goeie man wat met in- grypende hervormings begin en die tempel en die godsdiens van allerlei heidense vorme ge- suiwer het en van hom is nog veel verwag. Toe sterf hy onnodig en vir ’n oomblik het alles te- vergeefs gelyk. Josia se opvolgers was hoege- naamd nie hervormingsgesind nie en sou gou weer in die ou gebruike terugval. En tog was dit die begin van iets waarsonder Israel nooit die ballingskap sou kon oorleef nie.
Leier: Prof Jurie Le Roux. Jurie begin sy akademiese loopbaan in 1971 by Unisa en het in 2009 by die Universiteit van Pretoria afgetree. Sy vak is die Ou Testament en hy het hom op die historiese verstaan daarvan toegespits. Hy organiseer die jaarlikse internasionale seminaar Pro Pent en is ook die redakteur van www.teo.co.za.
Keusetema N1.2 en N2.2
Vanuit die Nuwe Testament: Herwin die gelykenisse van Jesus van Nasaret.
Die gelykenisse van Jesus van Nasaret kan be- skou word as simbole van persoonlike en sosia- le transformasie. Om Jesus se gelykenisse so te lees, moet hulle herwin word uit hulle literêre- en sosiale kontekste in die evangelies. Die evange- liste het Jesus se gelykenisse, feitlik sonder uit- sondering, allegories aangewend om by hulle onderskeie teologieë in te pas. So het van die ge- lykenisse hulle besondere krag verloor. As voor- beeld gaan ons die gelykenis van die Maaltyd (Luk 14:16b-23) saam lees.
Leier: Prof Ernest van Eck. Ernest is die waarnemende departementshoof: Nuwe Testamentiese Wetenskap. Sy spesialiteits- gebiede sluit in Eksegetiese benaderings en metodes, hermeneutiek, historiese Jesus-navorsing, die gelykenisse van Jesus, seksualiteit in die vroeë Jodendom en die Nuwe Testament.
Keusetema N1.3 en N2.3
Vanuit die Sistematiese Teologie en Etiek: Wil ek graag nog vandag sê ek is Gereformeerd?
Ons uiteenlopende geloofservaringe en bloot- stellings bring ons voortdurend voor nuwe en moeilike uitdagings in Suid-Afrika vandag. Wat beteken my Gereformeerde geloofsverbonden- heid onder sulke omstandighede vir ons?
Leier: Prof Danie Veldsman. In sy navorsing spesialiseer Danie in die herkonseptualisering van religieuse ervaring vanuit evolusionêre perspektiewe. Om maar een voorbeeld te noem: By die European Society for the Study of Science and Theology (ESSSAT) het hy in April 2016 in Pole ’n voordrag gelewer oor die teologiese betekenis – met spesi eke toespitsing oor soteriologie – van die Homo Naledi-vonds wat in September 2015 aan die wêreld bekend gemaak is.
Keusetema N1.4 en N2.4
Vanuit die Praktiese Teologie: Nuwe bronne in Praktiese Teologie.
Al die dosente van die Departement Praktiese Teologie sal aan die gesprek deelneem. Van- uit die onderskeie subdissiplines soos Pastoraat, Gemeentestudies, Jeug, Diakonaat, Liturgie en Homiletiek, sal nuwe bronne kortliks bespreek word.
Leier: Proff Yolanda Dreyer, Johann Meylahn, Cas Wepener, Dr Stephan de Beer en Ds Moganetsi Makulubele.
Keusetema N1.5 en N2.5
Vanuit die Godsdiens- en Sendingwetenskap: Geloofwaardige teenwoordigheid – ’n nuwe benadering tot die plek en gemeenskappe waarbinne gemeentes is.
Daar word aandag gegee aan ’n nuwe bena- dering tot ruimte en plek. Party skrywers praat selfs van die “new parish”. Die vertrekpunt is Jesus Christus se inkarnasie, en hoe dit ’n sleu- tel is om te groei na ’n geloofwaardige teen- woordigheid. Dit lei tot groter erns met die ma- nier waarop gemeentes wortel skiet in hulle ge- meenskappe en deeglike aandag aan die veran- derde konteks.
Leier: Prof Nelus Niemandt. Nelus is professor en die hoof van die Departement Godsdiens- en Sendingwetenskap, Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria. Hy doen veral navorsing oor missionale kerke en leierskap wat hierdie fokus van kerkwees ondersteun.
Keusetema N1.6 en N2.6
Vanuit die Kerkgeskiedenis: Ecclesia Reformanda ... Herwin jou identiteit deur steeds te reformeer.
Die lesing fokus op die kernmomente van die Reformasie. Dit word gebruik as bakens om op- nuut te besin oor wat dit beteken om voortdu- rend te reformeer. Hoe moet ons die NG Kerk se identiteit en roeping in Suid-Afrika 2017 in die lig daarvan verstaan? Wie ons is en waar- toe ons as kerk geroep is, is kernvrae wat han- teer sal word.
Leier: Prof Johan van der Merwe. Johan is mede-professor in die Departement Kerkgeskiedenis en Kerkreg. Hy spesialiseer in Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis met spesiale fokus op die rol van die kerke in Suid-Afrika na 1960. Hy is tans besig met navorsing oor die kerk se rol in die stryd teen armoede.

Woensdag Keusetemas
Keusetema N3.1 en N4.1
Kerk en ekologie: Waar is God se kaalvoetkinders?
Die wêreld waarin ons leef word toenemend ver- trap en vernietig deur mense. Behalwe dat dit God se skepping geweldige skade berokken, be- invloed dit ook die lewenskwaliteit van miljoene mense. Kan die kerk haar plek as profetes herwin om die vergrype uit te wys, maar ook mense te help om met die waardigheid en agting in God se skepping te loop? Hoe lyk ’n kerk wat haar mense help om ekologies sensitief te leef?
Leier: Di Fay van Eeden en Fouché de Wet. Fay is predikant by NG Lynnwood en Fouché by NG Stellastraat. Beide is lede van die NG Kerk Algemene Sinode se Taakspan: Ekologie.
Keusetema N3.2 en N.4.1
Tussen Andrew en Abraham (Andries en Angus): op soek na wie ons is, en die vraag of daar iets uit ons geskiedenis te herwin is?
Telkens wanneer die gereformeerde tradisie hier aan die suidpunt van Afrika in die knel gekom het of van een konteks na ’n volgende moes oor- gaan, het die vraag na identiteit – na wie ons kerklik-teologies is – na die oppervlak gekom. Dan is daar na bronne gesoek, na vaste koördi- nate om aan te oriënteer. Waarvandaan sal daar vir ons hulp kom? Andrew Murray of Abraham Kuyper? Só, nou weer. En is die vraag: is daar – en indien wel, wát – iets uit hierdie geskiedenis vir ons te herwin?
Leier: Ds Jan Lubbe. Jan is predikant van die gemeente Berg-en-Dal in Bloemfontein.
Keusetema N3.3 en N4.3
Reformasie: Die ambivalensie van grense.
In vele opsigte was die Reformasie ’n afbakening van identiteit. ’n Lyn in die sand is getrek en identi- teit is daardeur afgebaken. Afbakening gaan ge- paard met ’n dubbelbeweging van insluiting en uitsluiting, oftewel inklusiwiteit en eksklusiwiteit. ’n Afbakening of omheining (mure en grense) is altyd ’n ambivalente en dubbelsinnige, soms teenstrydige aktiwiteit. In kerkwees, hoe maak ons met hierdie spanning tussen inklusiwiteit en eksklusiwiteit, en wat is die verhouding tussen “gasvryheid” en “identiteit”? In die aanbieding praat ons oor hoe die kreatiewe spanning tussen inklusiwiteit en eksklusiwiteit funksioneer.
Leier: Dr Tanya van Wyk. Tanya is senior lektor, Departement Dogmatiek en Christelike Etiek, Universiteit van Pretoria. Sy is ook die assistent-redakteur van HTS Teologiese Studies.
Keusetema N3.4 en N4.4
Gender: ’n Nuwe taal vir inklusiewe gesprekke oor gender.Gender: ’n Nuwe taal vir inklusiewe gesprekke oor gender.
In hierdie gesprek plaas ek die fokus op taal wat almal by die gesprek kan insluit wanneer ons oor gender praat. Wanneer ons oor taal praat skenk ons veral aandag aan die konstruksies van gender oor eeue en in ons huidige kon- teks. Ons skenk verder aandag aan waar mag lê binne hierdie konstruksies. Hoe dra hierdie konstruksies by tot die uitsluiting van mense ge- baseer op hulle liggaamlikheid? Ons kyk tydens hierdie sessie na kreatiewe maniere om die ge- sprek oor gender meer insluitend te maak.
Leier: Proponent Michelle Boonzaaier. Michelle werk vir Inclusive and A rming Ministries (AIM) as koördineerder van prosesse in gesprekke oor homoseksualiteit in Gereformeerde Kerke.
Keusetema N3.5 en N4.5
Karnaval en Lent: Die spanning tussen Reformasie en die Markplein.
Ek gaan inleidend praat oor die kreatiewe span- ning wat daar nog altyd was en móét wees tus- sen kerklike reformasie en die markplein; tussen teologiese denke en die leefwêreld waarbinne teologiese denke veronderstel is om ’n verskil te maak.
Dié spanning sal toegelig word – onder andere aan die hand van ’n skildery deur Pieter Brue- gel, “Die Stryd tussen Karnaval en Lent” (1559), waarin kerk en markplein opwindend langs me- kaar bestaan. Met die argument dat dié opwin- dende, dog ongemaklike, saambestaan steeds voortduur en dat die kerk die verpligting het om radikaal vernuwend te dink en te doen.
Leier: Prof Wilhelm Jordaan. Wilhelm is ’n buitengewone professor in sielkunde by die Universiteit van Pretoria, asook rubriekskrywer vir Beeld, Die Burger en Volksblad. Sy jongste publikasie is ’n versameling rubrieke onder die titel Spitstyd, uitgegee deur Litera in 2011.