Dagkursus - Menswaardigheid
Excelsus bied op 9 Maart, in samewerking met St Augustine College, 'n dagkursus oor Menswaardigheid "Wat is die mens dan?" by St. Augustine College, Johannesburg, vir predikante en belangstellende lidmate aan.
Hierdie kursus het ten doel om kerkleiers - en enige belangstellendes - vertroud te maak met die kerklike gesprek rondom menswaardigheid.
Waarom is dit belangrik dat die NG Kerk/familie juis nou in 'n seisoen van menswaardigheid is? Die kursus behoort deelnemers toe te rus met basiese filosofiese en teologiese denke oor menswaardigheid, sodat gemeentes toegerus kan word om in woord en daad hieroor leiding in ons samelewing te gee. |
Aanbieders: Drr Jaco Kruger en André Bartlett
Wanneer: Donderdag 9 Maart 2017 (09:00 - 16:00) Waar: St Augustine College of SA (53 Ley Rd, Victory Park, Johannesburg) Koste: R300 p/p (verversings ingesluit) (R180 p/p vir student, emeriti en pensionarisse) VBO-punte: 6 punte |