Richard Kearney-Gesprek met predikante en teologiese studente
Ons nooi u graag uit na die konferensie oor Skrifinterpretasie en Skrifgesag wat aangebied word deur die Noordelike Sinode in samewerking met Excelsus.
Richard Kearney, Ierse godsdiensfilosoof (tans dosent by Boston College) besoek Pretoria van 12-18 Mei 2017. Kearney se kreatiewe hermeneutiese omgang met tekste uit die Joods-Christelike tradisie leen sigself tot produktiewe dialoog met teologie, en daar het reeds verskeie publikasies hieroor die lig gesien. Weens die opgewondenheid van predikante en studente wat reeds aan sy denke blootgestel is, het die Kerkeie Opleiding 'n geleentheid gereël waartydens Kearney predikante en teologiese studente sal toespreek. Ons nooi u hartlik om by ons aan te sluit en saam te dink oor hoe die Griekse metafisika die Christelike godsbeeld beïnvloed het, en hoe daar in 'n hedendaagse wêreldbeeld, waar Griekse metafisika nie meer 'n bepalende rol speel nie, vanuit 'n teologiese hoek nuut nagedink kan word oor God.
|
Program
11:00 Post-metafisiese denke oor God: "The God Who May Be" 12:15 Ligte middagete 13:00 Aan die ander kant van ongeloof: Anateïsme Koste: R 90-00 p/p (ligte middagete) Plek: Pretoria-Oos Gemeente (Ooskerk) – Saal H/v Lynnwoodweg en Kirknessstraat 467, Clydesdale (oorkant Loftus Versveld) VBO-punte: 3 punte |