~ Voortgesette Bedieningsontwikkeling ~

VBO is 'n vereiste vir die behoud van bedieningsvaardigheid en bedieningsvreuge.

VBO wil dus predikante help om gelukkig in hulle beroep te wees en te bly!

Druk hier om meer te lees...

~LENTEKONFERENSIE 2011 MATERIAAL~

lentebediening

~ CPD Registrasie & Punte ~

VBO-punte word per sms elektronies geboekstaaf. Predikante wat nog nie voorheen geregistreer het nie, druk hier vir meer inligting en stappe hoe jy kan registreer.

Vir meer inligting hoe om punte te verdien, druk hier.

  1. Wat is VBO?

Voortgesette Bedieningsontwikkeling (VBO) vorm deel van die A tot Z-beleid aangaande predikante van die NG Kerk wat in 2007 deur die Algemene Sinode goedgekeur is. Dié beleid beklemtoon die belangrike verband tussen bedieningsvaardigheid en bedieningsgvreugde. VBO is ‘n vereiste vir die behoud van beide (en ook van bedieningsbevoegdheid).

VBO wil dus predikante help om gelukkig in hulle beroep te wees en te bly!

 

  1. Vir wie is VBO bedoel?

 Alle predikante van die NG Kerk wat bedieningsvreugde, -vaardigheid en –bevoegdheid wil behou, skakel by die VBO-program in. Dit sluit emeriti en tentmakers in. Gemeentes behoort predikante in staat te stel om aan VBO deel te neem deur onder andere daarvoor te begroot.

 

  1. Wie is verantwoordelik vir die VBO-program?

 Die Algemene Sinode maak gebruik van drie sentra om die VBO-program te ontwikkel en aan te bied: Excelsus (Universiteit Pretoria); Communitas (Universiteit Stellenbosch); Shepherd (Universiteit Vrystaat). Verteenwoordigers van die drie sentra vorm ‘n VBO-forum wat alle relevante sake koördineer.Om te help met die ontwikkeling van die VBO-program maak Excelsus gebruik van ‘n VBO Taakgroep wat saamgestel is uit verteenwoordigers van die volgende sinodes van die NG Kerk: Noordelike Sinode, Oostelike Sinode, Sinode van Wes-Transvaal, Hoëveld Sinode, Sinode van Noord Kaapland, Sinode van KwaZulu-Natal.

  1. Hoe werk die VBO punte?

 

As erkenning vir predikante se deelname aan die VBO-program word punte toegeken volgens ‘n stelsel waarop die VBO-forum ooreengekom het. Daar word verwag dat predikante 50 VBO-punte per jaar moet verwerf. Daar behoort telkens binne 'n siklus van sewe jaar 350 punte (50 per jaar) verwerf te word. Punte is oordraagbaar binne 'n bepaalde siklus.

 

  1. Waaruit bestaan Excelsus se VBO-program?

 

Predikante kan hulle bedieningsvaardighede op die volgende maniere ontwikkel:

 

5.1  VBO-kursusse

 

Saam met die ander VBO-sentra word daar op ‘n deurlopende basis kursusse ontwikkel. Hierdie kursusse vind gewoonlik oor drie dae plaas en word gedurende Maart aangebied in Pretoria, Johannesburg, Middelburg en Potchefstroom. Die kursusse word oor ‘n siklus van twee jaar aangebied sodat elke kursus uiteindelik in elke sentrum aangebied word. As erkenning vir die bywoning en afhandeling van kursusse ontvang predikante 15 VBO-punte. ‘n Verdere 15 punte word toegeken indien die meegaande werkstukke afgehandel word. Daar word van leraars verwag om minstens 30 punte per jaar langs hierdie weg te verwerf.

5.2  Konferensies en werkswinkels

 

Excelsus bied gereeld konferensies, werkswinkels, ens aan. Die jaarlikse Lentekonferensie vind gewoonlik in Oktober plaas. Konferensies uit die kerkverband kan ook by Excelsus geakkrediteer word. VBO-punte word toegeken in ooreenstemming met die duur van die konferensie (met ‘n maksimum van 10 punte per jaar).

5.3  Ander kursusse

 

Ander instansies wat relevante kursusse aanbied, kan vir akkreditering by die VBO- forum aansoek doen. ‘n Maksimum van 30 punte per jaar kan langs die weg van ge-akkrediteerde kursusse verwerf word.

 

5.4 Verdere akademiese studie

 

Predikante wat besig is met erkende en relevante verdere studies kan dit aanbied vir VBO. Al die nodigeVBO-punte kan vir ‘n bepaalde tydperk hiermee verwerf word.

 

5.5  Mentorprogram

 

Daar word van alle predikante verwag om by die mentorprogram in te skakel. Die ring behoort hierdie aangeleentheid te koördineer en die inligting via die sinodale kantore aan Excelsus deur te gee. Daar kan tien punte per jaar hiermee vewerf word.

 

5.6  Wetenskaplike artikels en kerklike studiestukke

 

Daar kan 10 punte per jaar verwerf word met die skryf van artikels wat vir publikasie aanvaar word en studiestukke wat in kerklike agendas opgeneem word.

5.7  Aanbieding en/of ontwikkeling van VBO-kursusse

 

Predikante kan VBO-kursusse ontwikkel en/of aanbied en daarmee dieselfde aantal punte verwerf as diegene wat die betrokke kursus deurloop.

5.8  Selfstudie

 

Selfstudie behoort deel te wees van elke predikant se daaglikse program. Verslag van selfstudie word deur ringe via die sinodale kantore aan Excelsus deurgegee. ‘n Maksimum van 10 punte per jaar kan hiermee verwerf word.

Vir enige hulp met die oplaai van verslae of tegniese aspekte rakende die Excelsus webblad kontak Peter deur Hier te druk

Alternatief stuur 'n 'support ticket' van ons Hulp Sentrum deur Hier te druk


Teken aan