~ Voortgesette Bedieningsontwikkeling ~

VBO is 'n vereiste vir die behoud van bedieningsvaardigheid en bedieningsvreuge.

VBO wil dus predikante help om gelukkig in hulle beroep te wees en te bly!

Druk hier om meer te lees...

~LENTEKONFERENSIE 2011 MATERIAAL~

lentebediening

~ CPD Registrasie & Punte ~

VBO-punte word per sms elektronies geboekstaaf. Predikante wat nog nie voorheen geregistreer het nie, druk hier vir meer inligting en stappe hoe jy kan registreer.

Vir meer inligting hoe om punte te verdien, druk hier.

Excelsus bied aan predikante ‘n opwindende metode waarvolgens selfstudie aangebied kan word vir VBO-punte. Die proses is maklik, eenvoudig en vinnig!

Nadat jy ’n boek of akademiese artikel gelees het, skryf jy ’n verslag in die volgende formaat:

1. ’n Opsomming van die inhoud (300 woorde)

2. ’n Kritiese evaluering van die inhoud (300 woorde)

3. ’n Samevatting van wat die inhoud van die boek vir jou bediening beteken het (300 woorde)

Besoek dan Excelsus se webwerf en kliek op die skakel “Selfstudie” en gaan na “Handig my verslag in”. Daar sal jy stap vir stap aanduidings kry oor hoe om jou verslag op te laai en jou punte te registreer. Jy verwerf 2 VBO-punte vir elke akademiese artikel en 5 VBO-punte vir elke relevante boek wat jy gelees het en waarvan jy die verslag ingehandig het.

Jy kan ook gaan na die bladsy “Lees ander se verslae” om ’n lys te kry van boeke en verslae wat deur ander gebruikers gepubliseer is.

Vir enige hulp met die oplaai van verslae of tegniese aspekte rakende die Excelsus webblad kontak Peter deur Hier te druk

Alternatief stuur 'n 'support ticket' van ons Hulp Sentrum deur Hier te druk


Teken aan