~ Voortgesette Bedieningsontwikkeling ~

VBO is 'n vereiste vir die behoud van bedieningsvaardigheid en bedieningsvreuge.

VBO wil dus predikante help om gelukkig in hulle beroep te wees en te bly!

Druk hier om meer te lees...

~LENTEKONFERENSIE 2011 MATERIAAL~

lentebediening

~ CPD Registrasie & Punte ~

VBO-punte word per sms elektronies geboekstaaf. Predikante wat nog nie voorheen geregistreer het nie, druk hier vir meer inligting en stappe hoe jy kan registreer.

Vir meer inligting hoe om punte te verdien, druk hier.

VBO-punte word per sms elektronies geboekstaaf. Predikante wat nog nie voorheen geregistreer het nie, kan die volgende stappe volg:

REGISTREER AS GEBRUIKER BY CPD Solutions:

 

Stap 1: Stoor die volgende kort nommer op jou selfoon onder “VBO Punte”. Die standaard sms koste geld vir alle sms’e na hierdie nommer gestuur. Die CPD Solutions sms kort nommer is: 31029.

 

Stap 2: Registreer as nuwe gebruiker: Stuur ‘n sms wat slegs die letter r (dit staan vir register) bevat na 31029 (die nommer wat jy onder “VBO Punte” op jou selfoon gestoor het). Die stelsel sal aan jou ‘n sms terugstuur wat soos volg lyk: title= initials= surname= profreg= id= COMPLETE YOUR DETAILS AND FORWARD TO 31029.

 

Stap 3: Voltooi jou besonderhede en stuur aan (forward) na 31029. Die oorspronklike teks en =tekens moet steeds deel van jou sms uitmaak. Vul jou eie besonderhede in waar die spasies in die sms gelaat is (VBO-gebruikers los die profreg= veld skoon en vul die id= veld in). Jou sms behoort soortgelyk aan die volgende te lyk: title=Ds initials=TR surname=Smit profreg= id=3301222500787 COMPLETE YOUR DETAILS AND FORWARD TO 31029.

 

NB: Jy moet die sms aanstuur (forward) na 31029 en nie terugstuur (reply) na die nommer waar dit vandaan kom nie.

 

HOE OM JOU PUNTE AAN CPD SOLUTIONS TE STUUR:

 

Stap 1: Aan die einde van elke VBO-aktiwiteit sal jy ‘n aktiwiteitskode(s) ontvang.

Stap 2: Stuur die aktiwiteitskode(s) na 31029 (die nommer wat jy onder “VBO Punte” op jou selfoon gestoor het) deur ‘n sms te skryf wat slegs die kode(s) lys, bv: b12345 b11111 b22222 (vyf kodes kan per sms gestuur word).

 

KONTROLEBEHEER:

Besoek www.cpdsolutions.co.za om jouself te vergewis dat jou kode wel geregistreer het

 

OM JOU SELFOONNOMMER TE VERANDER:

Stap 1: Van jou nuwe selfoonnommer af stuur jy die kodewoord "numberchange" gevolg deur jou ou selfoonnommer aan 31029 bv.: numberchange 0831231234

Stap 2: Jy sal  ‘n sms soortgelyk aan die volgende terug ontvang:

oldnumber=0831231234 newnumber=0798881111 for TR Smit. IF THIS IS CORRECT,FORWARD THIS MESSAGE TO 31029 TO EFFECT CHANGE

 

Vir enige hulp met die oplaai van verslae of tegniese aspekte rakende die Excelsus webblad kontak Peter deur Hier te druk

Alternatief stuur 'n 'support ticket' van ons Hulp Sentrum deur Hier te druk


Teken aan